Nampo (4)

Xfarm by NAMPO 2018

07 December 2018

Xfarm was in 2018 weer deel van die NAMPO Oesdag wat jaarliks in Bothaville plaasvind.
NAMPO is die grootste landbou-uitstallingsprogram in die suidelike halfrond en verbind al jare lank boere en verskaffers. Tegnologie speel ’n baie groot rol in die landbousektor, en NAMPO se doel is om boere bloot te stel aan nuwe, innoverende tegnologieë en om boere op te voed oor hoe tegnologie hul landboubesighede kan bevoordeel.
Hierdie jaar was daar 746 uitstallers waarvan Xfarm ook een was en volgens kaartjieverkope het NAMPO ’n verstommende 82 817 besoekers gehad.
Xfarm het ook ’n kompetisie aangebied waar besoekers aan ons standplaas tot R20 000 afslag kon ontvang op die aankope van hul volgende Xfarm-implement.